The Vulture Photography project celebrates and supports the work of South African theatre-practitioners. We showcase and feature various aspects of the South African Theatre industry, from stage productions to awards ceremonies and festivals. Accompanied by Performing arts Photography, the project aims to give our readers a descriptive and visual experience of the local theatre industry.

Die US Woordfees WoordTROfees 2018

April 20, 2018

Die 2018 US Woordfees WoordTROfees, ook bekend as die “wynlandgoed-oscars” kry ‘n 100% goedkeuring merk met genoeg reën wat gesorg het vir wyndrink, hande klap, jubbel en juig met danspassies én goeie geselligheid om die koue te trotseer by Spier-wynlandgoed. 

 

 

Vanjaar se toekeningsgeleentheid na die afloop van die US Woordfees was tog meer as nét ‘n vereering vir kunstenaars, skrywers en weldoeners. Die aand self het getuig van die kern wat die fees vanjaar wás en beteken het vir alle rolspelers. Veral vanjaar se FEESHELDE-wenners, die pendeldiens drywers, wat beslis elke feesganger se hart gesteel het en sowaar die ‘gesig van die fees’ titel verdien! Dan was Janine Neethling ook vereer met die In Verbondenheid-prys. Hierdie prys word toegeken aan ’n rolspeler wat binne die omgewing van die US Woordfees, WOW en die US Koor nouer en beter samewerking bewerkstellig het sonder dat hy/sy monetêr daarvoor vergoed is.

 

Die seremoniemeesters was die nimlike Wessel Pretoruis wat netso skerp is in lewende lywe soos al sy werke op die planke en die elegant Kay Smith wat selfs ‘n gerekende teatervors is soos haar werk in Ons is almal freaks hier getuig.

 

 

Die Universiteit van Stellenbosch vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar en Dr. Leslie van Rooi, Senior Direkteur van Sosiale Impak en Transformasie was juis die gepaste heer om al die gaste te verwelkom. Die Vise-Rektor, Prof. Nico Koopman en sy vrou was van die gesogte gaste in die gehoor. 

 

Die wenners het elkeen ’n kunswerk en kontant ontvang. Dié prysuitdelingsgeleentheid is aangebied met die ondersteuning van die ATKV.

 

Womb of Fire, ’n debuut toneelstuk deur The Mother Tongue Project het die meeste toekennings ontvang in die Toneel-afdeling en die aand: Beste regie vir Sara Matchett, Beste speler vir Rehane Abrahams en ook Beste teaterstuk.

 

Die jong aktrise, Carla Smith, het die Beste Opkomende Kunsternaar-prys ingepalm vir haar verskeie karakters in die populêre NRNNSA. Phillip Rademeyer het die prys ontvang vir sy debuut toneelstuk, Klippe wat val. Dis nog ‘n suksesvolle debuutstuk vir die Kaapse dramaturg na verlede jaar se Wild. Kopano Moroga het die toekenning vir Beste byspeler gewen vir sy spel in Buite Land deur Neil Coppen.

 

Na al die wenners hul pryse ontvang het was die geleenthied afgesluit met ‘n band wat die dansende gaste die nag verder ingelyf het.

 

 

 

Die volledige lys van die wenners is as volg:

 

Toneel: Beste speler

Rehane Abrahams (Womb of Fire)

 

Toneel: Beste byspeler 

Kopano Maroga (Buite land)

 

Toneel: Beste regisseur

Sara Matchett (Womb of Fire)

 

Toneel: Beste teaterstuk

Womb of Fire

 

Toneel: Beste Woordfeesdebuut

Klippe wat val

Beste opkomende kunstenaar(s)

Carla Smith (NRNNSA)

 

Kontemporêre musiek: Beste musiekgedrewe produksie

Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing

 

Kontemporêre musiek: Beste solo-kunstenaar

Elvis Blue (Saam)

 

Kontemporêre musiek: Beste groep

Gesnaarde gedigte

 

Klassieke musiek: Vokaal

Conroy Scott (Elijah)

 

Klassieke musiek: Instrumentaal

Signum Quartet

 

Visuele kunste: Beste aanbieding

Manyatsa Monyamane (Ongetiteld)

 

Woordkuns

Die kuns van verdwyn


Beste tegniese prestasie

Eeufeeskonsert (klankmeng: Johan Griesel)

 

Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë is:

Prosa: Elsa Joubert – Spertyd

 

Politiek en aktueel: Thandeka Gqubule – No Longer Whispering to Power

 

Leefstyl: Antoinette Pienaar – Die lang man sonder skaduwee

Kinder- en jeugboeke: Philip de Vos – Vandag is ek ’n windlawaai

 

Die volgende spesiale pryse is op die aand van die toekennings oorhandig word:

 

Die pendeldiens-span is aangewys as die Feeshelde wat vanjaar ’n besonderse bydrae tot die sukses van die US Woordfees gelewer het.

 

Janine Neethling het die In Verbondenheid-prys ontvang.

 

WOW Onderwyser van die Jaar
Johan le Roux

 

WOW Skool van die Jaar
Worcester Sekondêr

 

Vir meer inligting oor die WoordTROfees en die US Woordfees, wat van 2-11 Maart 2018 op Stellenbosch aangebied is, kontak asseblief vir Danie Marais by danie_marais@sun.ac.za of 083 325 3433.

 

Please reload

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle
  • Twitter - Black Circle
  • YouTube - Black Circle