The Vulture Photography project celebrates and supports the work of South African theatre-practitioners. We showcase and feature various aspects of the South African Theatre industry, from stage productions to awards ceremonies and festivals. Accompanied by Performing arts Photography, the project aims to give our readers a descriptive and visual experience of the local theatre industry.

#Woordfees2018: Tjieng Tjang Tjerries - Bruin Identiteit onder vergrootglas.

March 12, 2018

Die eerste keer toe ek Jolyn Phillips se stem gehoor het was oor die radio en tot vandag toe is dit ‘n stem wat ek nie sommer kan vergeet nie. Selfs nadat ek Radbraak gelees het verlede jaar en dit deel van my eie versameling boeke gemaak het, kan ek nie haar belese en rou stem uit my kop kry nie. En Jason Jacobs kry dit maklik reg om sy gehoor visueel te “laat voel” totdat jy oorrompel is met emosies, vrae en die nostalgie wat jou ‘trug vat na jou eie soortgelyke stories en prentjies.

 

 

Tjieng Tjang Tjerries het al die tjerries wat op die Woordfees-koek vanjaar behoort. Dit is nie teater wat ontstig in aktivisme of provokasie nie maar eerder jou die reis van die karakters laat voel totdat jy jouself uitvang teen die magtige manipulerende krag van ‘n goeie storie, goeie regie en hardwerkende akteurs. Ek voeg by, die choreografie van Byron Klassen en Dustin Beck laat jou ‘trugsit en die storie lees in elke liggaamsdeel van die dansers/akteurs. Beck was ook in die produksie ‘Kinnes’ deur Chase Rys by vanjaar se fees.

 

Woorde is magtig, ja maar as dit kom by die gesinslewe op ‘n klein vissersdorpie is daar soms nie woorde nie. Soms moet jy dit eerder voel en self beleef. 

 

 

Die karakters bevind hulle in Gansbaai. ‘n Ma wat haar geliefde oorlede seun saam haar dra soos ‘n stoel op die rug en ‘n dogter wat hunker na net helfte van die liefde en aandag wat haar boetie kry selfs na die dood. Maar daar is nog boeties en daar is ‘n pa wat drink... Hierdie familie kan enige ander kleurling familie wees in Suid-Afrika en tog is die temas universieel. 

 

Jacobs kry dit reg om simboliek en visuele direksie te vermeng dat dit plek-plek voel die verhoog is die onsigbare karakter. Dan is daar die effektiewe gebruik van grondstowwe soos sand en klippe wat die verhoog inkleed. Die verhoog is beide die onsigbare en emosionele karakter asook ‘n hele omgewing/gemeenskap wat voor jou lewendig word.

 

 

Ek moet bieg, Gretchen Ramsden is ‘n jong aktrise met genoeg eerlikheid en misterieuse ondertone dat haar karakter se bewegings jou laat voel jy loop deur haar gemeenskap en huis. In my opinie maak die produksie aanspraak oor watter rol die opgevoede post-apartheid kleurlingkind in hy/sy tuisdorp/samelewing speel. Nes Saartjie Botha onlangs beaam het by ‘n gesprek dat die grootste tema wat by vanjaar se fees in verskillende maniere aangeraak was is die van bruin identiteit. Hierdie produksie is bewys van daardie opmerking en is geslaagd veral om bruinmense na die teater toe te lok. En kom sal hulle kom as meer van sulke produksies op die planke is.

 

 

Please reload

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle
  • Twitter - Black Circle
  • YouTube - Black Circle