The Vulture Photography project celebrates and supports the work of South African theatre-practitioners. We showcase and feature various aspects of the South African Theatre industry, from stage productions to awards ceremonies and festivals. Accompanied by Performing arts Photography, the project aims to give our readers a descriptive and visual experience of the local theatre industry.

#Woordfees2018: NRNNSA didn’t come to play...

March 3, 2018

 

Na NRNNSA oftewel Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika, wou ek met niemand praat nie, net so vining as moontlik met my lightblue nike tekkies op hardloop in die alom-bekende Victoriastraat na my kamer en al my gedagtes vir die eerste keer hier, vir julle gee! Ek was soos Wayde van Niekerk met ‘n landsvlag hoog bo my kop sodat dit wapper in die Stellenbosch-wind vir almal om te weet… Sodat almal mag weet, die jongmense, van NRNNSA didn’t come to play…

 

 

En mens o mens, het hulle omtrent uitgehaal en gewys. Ek was so trots op hierdie Stellenbosch Universiteit dramastudente wat weer betekenis kom gee het vir slim en skerp kommentaar. Dis nie wat hulle NIE gesê het nie maar eerder wat hulle wel gesê het en HOE asook hoe jy self daaroor voel. Die geselskap wat self die teks geskryf het en met die bekwame direksie van Mercy Kannemeyer is hierdie produksie een honderd persent gemaak  met al die regte gereedskap. Ja, hulle is 100% hier vir Woordfees 2018 en hopelik 100% waardig vir ‘n string toekenings! Kom woordtrofeë! Kom!

 

Plek-plek het dit gevoel soos Kabaret uit die hande van Marthinus Basson wat die destydse Kabaret dosent was aan die Universiteit Stellenbosch maar dan vind jy uit nee… Hier kom ‘n produk sonder ‘n Basson-hand en dis alles wat in die harte en breine van die akteurs self is. Met sketse wat gedurig ‘n applous verdien het was dit alles wel-verdiend en natuurlik, vanselfsprekend. Hulle het tog vir die jong gehoor gegee wat hulle wou hê! Slim teater wat definitief nog gehore sal lok waarookal hulle volgende speelvlak is.

 

 

Dis vars, jonk, vol bloed en dit toets jou totdat dit voel asof Heiner Muller agter die skerm die stringetjies getrek het. Ja, sosiale kommentaar is orals en dit laat jou as kyker weer besin oor die alledaagse ideologieë, strukture en ook die toekoms vorentoe. Die karakters is vertolk deur die akteurs asof dit tweede natuur is en wat vir my die meeste uitgestaan het was die doelbewuste gebruik van kleur. Visueel was die kleurpatelle gepas en gekoördineer. Die beligting het alles nog meer laat uitstaan en die gehoor kon verfrissend kyk hoe die produksie enigmaties vloei. Soos bloed wat vining pomp en teen druk, was die energie orals in die HB Labotoruim. Dit was asof die gehoor ook saam gespeel het en ek kon werklik ‘n onsigbare dialoog ervaar tussen die gehoor en verhoog.

 

 

O ala. Hulle maak nodige temas en gesprekke weer sigbaar, relevant en belangrik… As dit nie goeie teater is nie dan weet ek nie. Nog 4 en 8 Maart om 13:00 te sien by die HB Thom Laboratoruim teen R90 of R100 by die deur. 

 

Geselskap: Reuen Murphy, Kristin Pienaar, Hendrik Nieuwoudt, Carla Smith, Devonecia Swartz, Conradie van Heerden en Lara de Bruijn.

 

Please reload

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle
  • Twitter - Black Circle
  • YouTube - Black Circle