• Herschelle Benjamin

#Woordfees2018: Die avonture van Bal-oog en Brommel: Daar word meer gemyn in teater om ander edelges


Met elke aksie, woord, klank, stilte het De Klerk Oelofse en Richard September jou vasgeboei met hul konsentrasie, karakterisering en uitmuntende spel in Moord in Ixiastraat – Avonture van Bal-oog en Brommel. Ja, hulle bewys opnuut dat die verbeeldingsvlug tog maar aangevuur kan word sonder wafferse rekwisiteite en beligting-tricks. Feesteater en die omstandighede daaromtrent asook die struktuur daarvan “dwing” kunstenaars om nogsteeds standaard en integriteit eerste te plaas! Ek moet byvoeg na die onlangse gesprekke wat ek gereeld bywoon, wil ek tog sê baie van die oplossings en vraagstukke waaroor die tonge klap word beantwoord in toneelstukke soos hierdie. Só ‘n toneelstuk sal en KAN millenials na teater toe lok. Maar ek stem: Eerstens moet hul gekweek word van kleins en tweedens moet meer, beter en kreatiewe bemarkingsveldtogte geloots word.

Die struktuur van die toneelstuk is asof jy deurblaai in ‘n comicbook en sommersó in Afrikaans! Dan word die vertelling en vloei van die stuk gekomplimenteer met slim elemente van die genre. Ja, dit het vir my gevoel Quentin Taratino het Woordfees toe gekom! Die storielyn is glad nie liniêr nie, daar word op satiriese maniere aan relevante en bekende kwessies geraak, spannende en gemaklike dailoog, estetisasie van geweld in die teks en spel. Boonop vergroot Gertjie Besselsen als met sy musikale landskap wat hy sommer op die verhoog doen met meer instrumente wat jou laat skrik oor hierdie knaap se vakmanskap.

Nes die wêreld vinnig draai maak hierdie produksie die deure oop vir die kits-kos, instragram en trendy millenial wat dalk meer hou van aksie, komedie, rillers as van drama wat die psige uitdaag. Die aanslag is perfek en dit mag dalk ‘n ouer gehoor ‘n ander vorm/genre van teater gee waaraan hulle nie gewoond is nie. En sodoende kan jy ‘n vervlegging kry van verskillende tipe gehoorlede en die volhoubaarheid aspek van teater aanmoedig vir toekomstige geslagte.

Oelofse en September het in murg en been als in fisikaliteit en emosionele landskap uitgehaal dat dit jou laat skrik oor hoe performance fit hierdie gesoute akteurs is. En Gideon Lombard wat ook in ‘Die Reuk van Appels’ deur Lara Bye was by vanjaar se fees het ook bewys dat hy ‘n jonk, geesdriftige en gerekende regisseursrol kan volstaan.

Hierdie produksie maak my onbeskaamd opgewonde oor millenials in teater. Alhoewel die geselskap mag stry dat hulle glad nie millenials is nie, wil ek tog glo dat hulle wel hard gedink het oor hoe kry ons millenials in teater.

Daar word beslis in my opinie meer gemyn in teater om ander edelgesteentes te kry

Moord in Ixiastraat is nog te siene 10 en 11 Maart by Hoërskool Lückhoff as deel van woordfees, 29 tot 31 Maart by KKNK. En ook vanaf 28 Mei tot 2 Junie by Alexander Bar.

#PerformingArtsPhotography #SouthAfricantheatreFestival #festival #Festival #ArtsFestival #vulturephotographyproject #VulturePhotography #vulturephotography #Vultureblog #Vulture #vultureproductions #CapeTownTheatre #Creative #Abstract #OnStage

  • Facebook - Black Circle
  • Instagram - Black Circle
  • Twitter - Black Circle
  • YouTube - Black Circle